(Geskik vir ouderdomme: 3-7 jaar)
Pret saam met ouers
- Hoe kan ons ons kinders op ‘n kreatiewe wyse leer van die Bybel en ‘n verhouding met Jesus?
- Navorsing wys dat huisgodsdiens in ’n krisis verkeer. Ouers is geweldig besig en daar is minder tyd beskikbaar om aan hul kinders te spandeer.
- Ouers voel ook skuldig dat hul nie tyd het om hul kinders emosioneel (affektief) en kognitief te ontwikkel nie.
- Deur as gesin saam met mekaar te speel word die familiebande versterk. Daarmee saam deur spel word die Bybelverhale aangeleer en terselfdertyd word ook die ontwikkelingstake van die kind versterk.
- Deur die Spiritbuddy storieboek te lees, sit jou kind met Spiritbuddy (pop) op die skoot. Soos daar gelees word in die boekie word al die aksies deur jou kind met Spiritbuddy uitgevoer byvoorbeeld die hartjie wat met velcro oop en toe maak- leer van sonde en vryspraak. Deur die ritsluiter oop te maak, is daar ‘n “Bybel” daarbinne wat hul leer van hoe om te groei in die geloof. Die hande met velcro leer jou kind om te bid- juis vanuit die boekie en hul word ook geleer van sending.
- Spiritbuddy verduidelik dus jou kind die pad van geloof onder meer oor sonde, berou, vergifnis, kommunikasie met God asook sending.
- Die kleuter is geneig tot animisitese denke: denke waarin daar aan nie-lewende dinge eienskappe van lewende dinge gegee word.
- Alles wat jy en jou kind/ kleinkind saam kan doen.
- Verder is daar vele speletjies wat die ouer en kind saam kan speel: Bybelse “Snap” spel, Bybelse geheuespel, rygspel, getalkaarte, inkleurboek met 16 bybelse verhale, legkaart, klei vir vrye spel.
Bybelkennis deur spel
- Ouers voel skuldig dat hul as gevolg van ’n gebrek aan tyd hul kinders nie meer leer van die Bybel nie.
- Bybelkennis word deur spel verwerf op hul eie vlak. Die beste is deur spel saam met jou as ouer of ouma/oupa leer jou kind heelwat meer van die Bybel.
- Die speletjies word gespeel met die Bybel langs jou. Sodoende word die Byele deel van jou gesin se lewe en nie net in die aande as jul Bybel lees nie.
- Hul leer dat terwyl ek lekker speel, is die Here ook by my want die Here is oral. Dit leer jou kind ook dat daar vreugde is in ’n verhouding met die Here.
- 16 Bybelverhale word deur spel aangeleer. Die Bybelse snap speletjie wek so dat as jy snap op twee van dieselfde kaartjies, jy die verhaal moet vertel. Jy verloor nie die kaartjies as jy nie die Bybelstorie ken nie. Hier is die ideale geleentheid om jou kind meer te leer van die verhaal en vir jou gerief aan die agterkant van die kaartjies is daar ‘n teksverwysing. Lees die verhaal uit die Bybel of vertel dit kortliks op jou kind se vlak.
- Dieselfde geld die Bybelse geheuespel waar dieselfde konsep geld.
- Niks van die speletjies werk met batterye nie- jy kan dit enige plek speel.
- Jou kind/ kleinkind word die pad van geloof geleer en sodoende n verhouding met Jesus Christus. Hul word op ‘n eenvoudige wyse geleer van sonde, vergifnis, geestelike groei en om die evangelie uit te dra by wyse van interaktiewe spel deur die boekie en die pop.
Opvoedkundige ontwikkeling
Spiritbuddy help met die ontwikkelingstake wat ‘n kind moet bereik voordat hy/sy skool toe gaan. Hierdie ontwikkelingstake sluit in die:
- Motoriese ontwikkeling ten opsigte van voortbeweging sowel as fyn- en grootmotoriese vaardighede moet verder verfyn word.
- Die geheue, psige-teorie, numeriese vermoëns en metakognisie moet ontwikkel.
- Skoolgereedheid moet bereik word.
- Taalbegrip en kommunikasievermoë moet uitgebrei word.
- Beheer oor die emosies moet verkry word.
- Die selfkonsep moet duideliker gedefinieer word.
- ‘n Geslagsrolidentiteit moet ontwikkel word.
- Sosiale en emosionele verhoudinge met die ouers, sibbe en portuurgroep moet verder ontwikkel word.
- Sosialisering, dit wil sê die aanleer van die norme en waardes van die groep, moet verder ontwikkel word.
- Morele ontwikkeling, dit wil sê die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei en die ontwikkeling van ‘n gewete, moet ‘n aanvang neem.
Geloofswaarhede
- Navorsing wys daarop dat as kinders blootgestel word aan die evangelie in sy vroeë kinderjare, dan is die kans dat hy tot bekering kom in sy volwasse jare soveel groter. 85% van kinders kom tot geloof tussen die ouderdom van 4-14 jaar.
- Ons moet aansluit by die kind se behoefte aan liefde en hul leer van ’n almagtige God wat hul liefhet.
- Skrif- en geloofswaarhede word op die kind se vlak aangeleer.
- Die basiese elemente van die evangelie word aangeleer. Elemente soos sonde word op ‘n kindervriendelike wyse aangespreek. Die boekie hanteer ook die kruisgebeure en vergifnis op ‘n elementêre wyse. As jy nog meer wil leer oor die Here moet ons met die Woord besig raak- hul leer ook hieroor asook hoe om te bid. Sending word ook aangespreek.
- Spiritbuddy maak jou kind weer opgewonde oor gebed.
- Op ‘n vars manier ontdek en versterk Spiritbuddy die kinders se geloof.
- Ons bid dat die groot Kindervriend, soos die Bybel ons leer, hierdie tot seën vir Sy Koninkryk kan gebruik.
- Hierdie geloofswaarhede kan ook met groot vrug op uitreike gebruik word.
Spiritbuddy pop en boekie
- Leer die kinders die evangelie (sonde, berou, vergifnis, redding, geestelike groei, kommunikasie met God – gebed en getuienis.)
- Deur spel leer jou kind wat ’n verhouding met die Here is.
- Jou kind raak opgewonde oor gebed. Saam met Spiritbuddy op hul skoot, leer die boekie hulle om te bid. Neem byvoorbeeld die duim. Bid vir mense die naaste aan jou- die kind kan dit op sy eie taalvlak bid vir al sy geliefdes, hetsy dit Mamma of Pappa, boeties of sussies en verdere familie behels.
- Liggaamlike ontwikkeling: ritsluiter, veters ens. Gee kind geleentheid om klein motoriese vaardighede te verskerp.
- Kinders leer die vier primêre kleure- kognitiewe ontwikkeling.
- Sensoriese ervaring: verskillende mediums
- Taalontwikkeling word aangespreek. Dit is belangrik omdat taal ‘n kind se kognitiewe-, persoonlikheids- en sosiale ontwikkeling beinvloed.
- Die storie bied ook geleentheid vir interaksie en daardeur kan die kind se sosiale ontwikkeling bevorder word.
- Die storie spreek ook veral die kognitiewe ontwikkeling aan deurdat die kind se geheuestrategieë bevorder word. Die kind sal deur herhaling sekere inligting stoor wat dan weer op ‘n latere stadium herroep moet word.
Bybelse Snap kaarte
- 16 Bybelverhale word deur spel aangeleer. In elke pak kaarte is daar 64 kaarte- 4 van elke verhaal. Die Bybelse snap speletjie werk so dat as jy snap op twee van dieselfde kaartjies, jy die verhaal moet vertel. Jy verloor nie die kaartjies as jy nie die Bybelstorie ken nie. Hier is die ideale geleentheid om jou kind meer te leer van die verhaal en vir jou gerief aan die agterkant van die kaartjies is daar ‘n teksverwysing. Lees die verhaal uit die Bybel of vertel dit kortliks op jou kind se vlak.
- Liggaamlike ontwikkeling word ook bevorder aangesien die kind ‘n vinnige motoriese aksie moet uitvoer ten einde ‘n positiewe gevolg te kan ondervind.
- Persoonlikheidsontwikkeling word aangespreek deur spel. Indien sukses in spel verwerf word kan dit lei tot gevoel van beheer wat weer die kind se selfvertroue versterk. Spel d.m.v “snap” kaarte sal die kind help om ‘n balans te bereik tussen hulle individuele behoeftes aan outonomie en inisiatief en aan die ouer of maat se eise te konformeer.
- Sosiale ontwikkeling word bevorder angesien kind direkte interaksie met ‘n volwassene of kind sal hê. Die kind ontwikkel ‘n begrip vir sosiaal aanvaarbare gedrag en dat dit noodsaaklik is om aan sekere reëls te onderwerp.
- Die emosionele ontwikkeling sal ook aangespreek word aangesien die kind ‘n begrip sal moet ontwikkel dat verloor ‘n realiteit is en dat hy nie altyd sal kan wen nie. Deurdat die ouer die speletjie met die kind speel kry die ouer die geleentheid om hierdie belangrike lewensles vir die kind te leer.
Bybelse geheue kaarte
-
- Hierdie speletjie, selfde 16 Bybelverhale, sal die kognitiewe ontwikkeling van die kind aanspreek deurdat daar van herkennings- en herroepgeheuetake gebruik gemaak word.
- Dit is ook noodsaaklik dat die voorskoolse kind se konsentrasie vermoë ontwikkel word en die Bybelse geheuespel sal dan ook vir die kind hierdie geleentheid gun.
- Dit is baie belangrik vir die kind se emosionele- en sosiale ontwikkeling dat die kind kwaliteittyd met die ouers of ‘n belangrike volwassene in daardie kind se lewe, sal spandeer.
Rygwerk
-
- Liggaamlike ontwikkeling word bevorder deurdat die kind fyn motoriese beweginge sal oefen.
- Emosionele beheer word ontwikkel omdat die kind geduld aan die dag sal moet lê ten einde ‘n suksesvolle eindproduk te kan toon.
Getalkaarte
-
- Kognitiewe ontwikkeling word aangespreek omdat die kind se begrip vir getalle ontwikkel word. Alhoewel die jong kleuter dit moeilik sal vind om al die getalle van 1 – 16 te identifiseer sal dit tot voordeel van die kind se ontwikkeling wees indien hy soveel moontlik blootstelling geniet aangesien ‘n kind leer deur herhaling.
Inkleurboek
-
- Die inkleurboek bied weereens vir die kind ‘n ontwikkelings geleentheid op ‘n kognitiewe- sowel as ‘n liggaamlike vlak. Die kind word herhaaldelik aan die primêre kleure blootgestel en deurdat die kind aangemoedig moet word om binne die lyne in te kleur word die fyn motoriese ontwikkeling bevorder. Dit is noodsaaklik dat die ouers of ‘n belangrike volwassene in die kind se lewe die kind verbaal sal prys vir suksesvolle voltooiing van die taak, want sodoende sal die selfkonsep verbeter word.
Legkaart
-
- Kognitiewe-, liggaamlike- en persoonlikheidsontwikkeling word aangespreek.
- Die kind word aangemoedig om te konsentreer en sekere assosiasies te maak ten einde die legkaart suksesvol te kan voltooi.
- Fyn-motoriese bewegings word verder verskerp deurdat die kind op ‘n versigtige wyse dele sal moet pas. Die kind se gevoel van bemeestering sal bevorder word indien die legkaart suksesvol voltooi is en dit sal dan weer bydrae tot die ontwikkeling van gesonde selfbeeld wat van uiterse belang is vir die holistiese ontwikkeling van ‘n kind.
- Die legkaart bied ook vir die kind die geleentheid om in ‘n veilige omgewing sy geduld te toets, aangesien hy nie altyd die legkaart stukke op die eerste probeerslag korrek sal plaas nie.
Klei
-
- Die klei is ‘n ideale medium ten einde die voorskoolse kind se verbeelding te bevorder. Dit bied vir die kind ‘n wonderlike sensoriese ervaring, want nie net word die tas ervaring aangespreek nie, die kind kan ook aan die klei ruik.
- Aangesien klei ‘n medium vir vrye spel is kan kinders hulle eie vaardighede en eienskappe ontdek wat weereens kan bydrae tot persoonlikheidsontwikkeling.
- Indien kinders saam klei speel sal dit die sosiale ontwikkeling van die kind aanspreek, aangesien daar dan aan sekere reëls geonderwerp sal moet word.