Produkinligting

R80,00

Spiritbuddy Bybelse Snap Kaarte

Bybelse snap word gespeel met die Bybel langs jou. en vir jou as ouer se gemak as die Bybelse verwysing aan die agterkant van die Snap kaarte.

As jou kind sê snap moet hy/sy wat is die Bybebelstorie. Laat hul die verhaal vertel, soos hulle dit ken. Jy kan byvoeg of miskien die verhaal uit die Bybel lees. So leer hul deur spel die Bybel beter ken.

Category:

(Geskik vir ouderdomme: 3-7 jaar)

  • 16 Bybelverhale word deur spel aangeleer. In elke pak kaarte is daar 64 kaarte- 4 van elke verhaal. Die Bybelse snap speletjie werk so dat as jy snap op twee van dieselfde kaartjies, jy die verhaal moet vertel. Jy verloor nie die kaartjies as jy nie die Bybelstorie ken nie. Hier is die ideale geleentheid om jou kind meer te leer van die verhaal en vir jou gerief aan die agterkant van die kaartjies is daar ‘n teksverwysing. Lees die verhaal uit die Bybel of vertel dit kortliks op jou kind se vlak.
  • Liggaamlike ontwikkeling word ook bevorder aangesien die kind ‘n vinnige motoriese aksie moet uitvoer ten einde ‘n positiewe gevolg te kan ondervind.
  • Persoonlikheidsontwikkeling word aangespreek deur spel. Indien sukses in spel verwerf word kan dit lei tot gevoel van beheer wat weer die kind se selfvertroue versterk. Spel d.m.v “snap” kaarte sal die kind help om ‘n balans te bereik tussen hulle individuele behoeftes aan outonomie en inisiatief en aan die ouer of maat se eise te konformeer.
  • Sosiale ontwikkeling word bevorder angesien kind direkte interaksie met ‘n volwassene of kind sal hê. Die kind ontwikkel ‘n begrip vir sosiaal aanvaarbare gedrag en dat dit noodsaaklik is om aan sekere reëls te onderwerp.
  • Die emosionele ontwikkeling sal ook aangespreek word aangesien die kind ‘n begrip sal moet ontwikkel dat verloor ‘n realiteit is en dat hy nie altyd sal kan wen nie. Deurdat die ouer die speletjie met die kind speel kry die ouer die geleentheid om hierdie belangrike lewensles vir die kind te leer.