Produkinligting

R40,00

Spiritbuddy boekie

Die boekie beskryf in storie formaat wat jou kind saam met die pop moet doen. Die ouer lees die boekie en jou kind voer dit met Spiritbuddy uit.

Category:

(Geskik vir ouderdomme: 3-7 jaar)

  • Leer die kinders die evangelie (sonde, berou, vergifnis, redding, geestelike groei, kommunikasie met God – gebed en getuienis.)
  • Deur spel leer jou kind wat ’n verhouding met die Here is.
  • Jou kind raak opgewonde oor gebed.  Saam met Spiritbuddy op hul skoot, leer die boekie hulle om te bid. Neem byvoorbeeld die duim. Bid vir mense die naaste aan jou- die kind kan dit op sy eie taalvlak bid vir al sy geliefdes, hetsy dit Mamma of Pappa, boeties of sussies en verdere familie behels.
  • Liggaamlike ontwikkeling: ritsluiter, veters ens. Gee kind geleentheid om klein motoriese vaardighede te verskerp.
  • Kinders leer die vier primêre kleure- kognitiewe ontwikkeling.
  • Sensoriese ervaring: verskillende mediums
  • Taalontwikkeling word aangespreek. Dit is belangrik omdat taal ‘n kind se kognitiewe-, persoonlikheids- en sosiale ontwikkeling beinvloed.
  • Die storie bied ook geleentheid vir interaksie en daardeur kan die kind se sosiale ontwikkeling bevorder word.
  • Die storie spreek ook veral die kognitiewe ontwikkeling aan deurdat die kind se geheuestrategieë bevorder word. Die kind sal deur herhaling sekere inligting stoor wat dan weer op ‘n latere stadium herroep moet word.