Pret saam met ouers

  • Hoe kan ons ons kinders op ‘n kreatiewe wyse leer van die Bybel en ‘n verhouding met Jesus?
  • Navorsing wys dat huisgodsdiens in ’n krisis verkeer. Ouers is geweldig besig en daar is minder tyd beskikbaar om aan hul kinders te spandeer.
  • Ouers voel ook skuldig dat hul nie tyd het om hul kinders emosioneel (affektief) en kognitief te ontwikkel nie.
  • Deur as gesin saam met mekaar te speel word die familiebande versterk. Daarmee saam deur spel word die Bybelverhale aangeleer en terselfdertyd word ook die ontwikkelingstake van die kind versterk.
  • Deur die Spiritbuddy storieboek te lees, sit jou kind met Spiritbuddy (pop) op die skoot. Soos daar gelees word in die boekie word al die aksies deur jou kind met Spiritbuddy uitgevoer byvoorbeeld die hartjie wat met velcro oop en toe maak- leer van sonde en vryspraak. Deur die ritsluiter oop te maak, is daar ‘n “Bybel” daarbinne wat hul leer van hoe om te groei in die geloof. Die hande met velcro leer jou kind om te bid- juis vanuit die boekie en hul word ook geleer van sending.
  • Spiritbuddy verduidelik dus jou kind die pad van geloof onder meer oor sonde, berou, vergifnis, kommunikasie met God asook sending.
  • Die kleuter is geneig tot animisitese denke: denke waarin daar aan nie-lewende dinge eienskappe van lewende dinge gegee word.
  • Alles wat jy en jou kind/ kleinkind saam kan doen.
  • Verder is daar vele speletjies wat die ouer en kind saam kan speel: Bybelse  “Snap” spel, Bybelse geheuespel, rygspel, getalkaarte, inkleurboek met 16 bybelse verhale, legkaart, klei vir vrye spel.