Spiritbuddy help met die ontwikkelingstake wat ‘n kind moet bereik voordat hy/sy skool toe gaan. Hierdie ontwikkelingstake sluit in die:
- Motoriese ontwikkeling ten opsigte van voortbeweging sowel as fyn- en grootmotoriese vaardighede moet verder verfyn word.
- Die geheue, psige-teorie, numeriese vermoëns en metakognisie moet ontwikkel.
- Skoolgereedheid moet bereik word.
- Taalbegrip en kommunikasievermoë moet uitgebrei word.
- Beheer oor die emosies moet verkry word.
- Die selfkonsep moet duideliker gedefinieer word.
- ‘n Geslagsrolidentiteit moet ontwikkel word.
- Sosiale en emosionele verhoudinge met die ouers, sibbe en portuurgroep moet verder ontwikkel word.
- Sosialisering, dit wil sê die aanleer van die norme en waardes van die groep, moet verder ontwikkel word.
- Morele ontwikkeling, dit wil sê die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei en die ontwikkeling van ‘n gewete, moet ‘n aanvang neem.