Navorsing wys daarop dat as kinders blootgestel word aan die evangelie in sy vroeë kinderjare, dan is die kans dat hy tot bekering kom in sy volwasse jare soveel groter. 85% van kinders kom tot geloof tussen die ouderdom van 4-14 jaar.
Ons moet aansluit by die kind se behoefte aan liefde en hul leer van ’n almagtige God wat hul liefhet.
Skrif- en geloofswaarhede word op die kind se vlak aangeleer.
Die basiese elemente van die evangelie word aangeleer. Elemente soos sonde word op ‘n kindervriendelike wyse aangespreek. Die boekie hanteer ook die kruisgebeure en vergifnis op ‘n elementêre wyse. As jy nog meer wil leer oor die Here moet ons met die Woord besig raak- hul leer ook hieroor asook hoe om te bid. Sending word ook aangespreek.
Spiritbuddy maak jou kind weer opgewonde oor gebed.
Op ‘n vars manier ontdek en versterk Spiritbuddy die kinders se geloof.
Ons bid dat die groot Kindervriend, soos die Bybel ons leer, hierdie tot seën vir Sy Koninkryk kan gebruik.
Hierdie geloofswaarhede kan ook met groot vrug op uitreike gebruik word.