Bybelkennis deur spel

  • Ouers voel skuldig dat hul as gevolg van ’n gebrek aan tyd hul kinders nie meer leer van die Bybel nie.
  • Bybelkennis word deur spel verwerf op hul eie vlak. Die beste is deur spel saam met jou as ouer of ouma/oupa leer jou kind heelwat meer van die Bybel.
  • Die speletjies word gespeel met die Bybel langs jou. Sodoende word die Byele deel van jou gesin se lewe en nie net in die aande as jul Bybel lees nie.
  • Hul leer dat terwyl ek lekker speel, is die Here ook by my want die Here is oral. Dit leer jou kind ook dat daar vreugde is in ’n verhouding met die Here.
  • 16 Bybelverhale word deur spel aangeleer. Die Bybelse snap speletjie wek so dat as jy snap op twee van dieselfde kaartjies, jy die verhaal moet vertel. Jy verloor nie die kaartjies as jy nie die Bybelstorie ken nie. Hier is die ideale geleentheid om jou kind meer te leer van die verhaal en vir jou gerief aan die agterkant van die kaartjies is daar ‘n teksverwysing.  Lees die verhaal uit die Bybel of vertel dit kortliks op jou kind se vlak.
  • Dieselfde geld die Bybelse geheuespel waar dieselfde konsep geld.
  • Niks van die speletjies werk met batterye nie- jy kan dit enige plek speel.
  • Jou kind/ kleinkind word die pad van geloof geleer en sodoende n verhouding met Jesus Christus. Hul word op ‘n eenvoudige wyse geleer van sonde, vergifnis, geestelike groei en om die evangelie uit te dra by wyse van interaktiewe spel deur die boekie en die pop.